Liewe Heksie Kom Maak ‘N Draai

Liewe Heksie Kom Maak ‘N Draai In Die Tuinroete!

Die beminde Levinia, of te wel Liewe Heksie, gaan in Mosselbaai kom kuier op Saterdag, 26 April by die Garden Route Casino se gewilde Bravo Lounge.

Die Bravo Lounge nooi alle kinders en hul ouer sna hierdie briljante vertoning, opgevoer deur Margit Meyer-Rödenbeck.

Liewe Heksie sal almal laat skaterlag wanneer sy haar presente, biki-kini en rolskaatse gebruik om Blommeland nog mooier te maak! Natuurlik is daar ook ‘n Geelheks wat probeer om al arme Levinia se planne in die wieletery, maar met die hulp van al die kinders in die gehoor sal die stoute karnallies beslis verwilder word.

“Dit is ongetwyfeld ‘n unieke ervaring om Verna Vels se tydlose kinder-verhale op die verhoog te sien afspeel en word briljant opgevoer deur Meyer-Rödenbeck, alom bekend as ‘Dowwe Dolla’,” se TryanaPotgieter,” vermaaklikheids-koordineerder by Garden Route Casino.

Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans word vertolk deur Deon van Zyl. Toegang is R30 per kind en R50 per volwassene. Die vertoning begin om 12h00.

Vi rmeer inligting besoek www.gardenroutecasino.co.za of skakel +27 44 606 7777.  Koop kaartjiesop Computicket of by die casino kontanttoonbank.

Gauteng
Kwazulu-Natal
Western Cape
Mpumalanga
Eastern Cape
Free State