Die Klipwerf Orkes

Maak Little Los Saam Die Klipwerf Orkes

Aanhangers van die tydlose Klipwerf Boereorkes is in vir ‘n groot bederf wanneer die orkes in lewende lywe optree by die Garden Route Casino se Bravo Lounge op 25 April.  Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar en aanhangers word aangemoedig om so gou moontlik plek te bespreek by die casino se Kontant Toonbank of by Computicket.  Kaartjies beloop R100 per person.

Gaste kan hulself regmaak vir ‘n aand van dans en plesier van 8uur af tot laat. Dié populêre groep gaan die gehoor vermaak met ‘n skitterende verskeidenheid van liedjies uit hul roemryke loopbaan.  Die Klipwerf Boereorkes is in 1969 gestig deur Hentie Visagie en sy seuns saam met Nicol Louw en spog met ‘n lang geskiedenis van outentieke ‘boere musiek’.

Met spoggerige album verkope van 1.2 million, en 22 uit die 24 albums wat al goue status bereik het en 6 platinum status, is Klipwerf sonder twyfel een van Suid Afrika se mees suksesvolle sang-groepe.  Hulle is in hoë aanvraag as gevolg van hulle unieke musiek en styl, en toer gedurig die land vol met optredes by verskeie plekke voor groot skares.

Gauteng
Kwazulu-Natal
Western Cape
Mpumalanga
Eastern Cape
Free State